
Hierdie pak kaarte sal jou nie net help om 'n goeie begrip te kry van wat die Evangelie is nie, maar dit sal jou ook in staat stel om dit maklik aan ander te verduidelik. Elke kaart het 'n vraag aan die bokant, en die antwoord is in die onderstaande vers. Die kaarte is genommer en vertel die storie van die evangelie mooi met Bybel verse in volgorde.
Ons begin met vrae soos ...
- Wie het my gemaak?
- Hoekom het God my gemaak?
- Hoe voel God oor my?
- Watter soort planne het die Here vir my?
- Wat is ons grootste probleem?
- Wie is skuldig van sonde voor God?
- Maak dit regtig saak vir die Here hoe ek leef?
- Hoekom is dit belangrik dat my sonde vergewe word? ... en 25 ander belangrike vrae
Dit is 'n uitstekende hulpmiddel vir ouers om 'n goeie fondament in die lewens van hul kinders te lê. Dit is ook wonderlike Bybelverse om te memoriseer. Al die kaarte is genommer en in volgorde geplaas om die evangelie stap vir stap te verduidelik. In die middel van die pak is daar ook ‘n bekerings gebed waar iemand Jesus as hulle Here en Verlosser kan aanneem. Dit is 'n uitstekende manier om die Evangelie op 'n praktiese manier te verkondig. Dit het ook 'n speetjiel-element aan die agterkant van elke kaart met leidrade om die verse te help memoriseer.